What's new?

Integrasie kom nie vanself nie al dink jy dalk so. Migrante is almal tot ‘n meerdere of mindere mate gereed om hul ou lewenstyl prys te gee ten gunste van ‘n nuwe een.

Die nuwe lewenstyl kom met heelwat voordele maar daar is nadele ook. Vir ons gesin was dit absoluut die moeite werd – daar is heelwat dinge wat eenvoudig beter is in Australië, maar daar is nadele ook en ‘n mens moet nugter wees in terme daarvan.

Deur Migrate2Australia.co.za probeer ons om landgenote gereed te maak vir wat vir hulle voorlê. Dis ‘n wonderlike voorreg om in Australië te mag bly en daarom wil ons graag bydra daartoe om dit vir ander nie net moontlik te maak nie maar hulle ook te help om ‘n sukses daarvan te maak.

Join us on Facebook for updates

Immigreer na Australië?

Ons het Migrate2Australia.co.za begin om veral Suid-Afrikaners en Zimbabwers te help om die proses van imigrasie na Australië suksesvol aan te pak en om migrante te help om vinniger te integreer met die Australiese kultuur.

Ons maak nie geld hieruit nie. Ons doen dit om mense te help. Waar ons moontlik ‘n inkomste mag verdien is wanneer ons ‘n verwysing na ‘n finansieële adviseur maak. Maar, dis nie die hoofoogmerk van Migrate2Australia.co.za nie. Sou jy goeie inligting uit hierdie webtiuiste kry was dit vir ons die moeite werd om hierdie webtuiste op die been te bring.

Ons hoop jy en jou gesin spaar moeite, frusutrasie en geld uit dit wat ons hier doen. Wat meer is, ons hoop julle kan só suksesvol wees met julle integrasie en behoud in Australië dat julle die goeie naam wat Suid-Afrikaners oor die algemeen geniet gestand doen.

Op hierdie webtuiste kan ons help met ‘n paar aspekte van migrasie na Australië, onder andere:

Visums

Migrante maak hoofsaaklik van drie tiepes visumkategrorieë gebruik, naamlik:

  1. Professional and other skilled migrants” – waar jy goedkeuring kry op grond van ‘n bepaalde kwalifikasie of kundigheid: Klik hier.
  2. Employer sponsored visas (457 visums)” – waar ‘n Australiese werkgewer goedkeuring ontvang van die regering om werk aan ‘n nie-Australieër aan te bied (“Nomination”), en waar die nie Australieër goedkeuring van die regering ontvang om die werksaanbod aan te neem (“Spnsorship”): Klik hier.
  3. Business visa” – Daar is verskeie kategorieë – sien Besigheidsvisums hieronder. Grootliks geld dit waar ‘n belegging in ‘n bestaande of nuwe besigheid in Australië gemaak word. Aansoeke om nuwe besighede te begin is selde suksesvol. ‘n Besigheidsplan en CV moet ingedien word. Daar is ook ander voorvereisdes waanaan die aansoeker moet voldoen: Klik hier.

Begroting

Stuur vir ons epos en on stuur vir jou 'n Migration budget.

Sonder genoeg geld om jou visumaansoeke, trek en hervesting in Australië aan te pak kan jy seker wees jy gaan net verloor. Op grond hiervan is dit belangrik om ‘n akurate begroting uit te werk, daarvolgens te leef en dita an te pas veral wanneer jy agterkom dat daar uitgawes is waarvoor jy nie voorsien het nie.

‘n Mens kan nie bekostig om onder te veel finansieële druk te wees nie. Dinge is heelwat duurder as wat jou sou verwag. Stuur vir ons ‘n Epos en ons stuur vir jou ‘n begrotingsraamwerk komplimente van Quasar Advisory Services.

Visumklasse

Daar is drie soorte visums in hierdie kategorie, naamlik: Investor, Senior Executive en Business Owner (class 160, 163).

Business Owner visums is basies bedoel vir mense wie besighede in Australië wil koop, of selfs nuwe besighede begin. Sien ons Business visas to Oz bladsy.
Tensy jy baie seker is oor jou kliënte en kostes verbonde sou ons nie voorstel dat jy kyk om ‘n besigheid te begin nie. Dis heelwat moeiliker as wat jy sou dink, ongeag van jou sukses in Suid-Afrika. Klas 160 het ook “sub-classes” soos 163 wat eenvoudig beteken die relevante State/Teritory regering nooi jou uit om jou besigheid daar te begin/bestuur.

Soos met klas 160 het 163 bepaalde prestasiedoelwitte in terme van omset, werkgewing, ensovoorts.

‘n Senior Executive visum maak voorsiening vir hooggeplaasde besigheidsamptenare wie hul kundigheid tot Australië se belang kan benut.

‘n Investor visum maak voorsiening vir ‘n sekere bedrag geld om belê te word vir ‘n bepaalde tyd in Australië.

Sien hierdie link na die onderskeie opsies in terme van besigheidsvisas.

Praat met ‘n geskikte migrtasieagent oor die opsies of stuur vir ons ’n Epos sodat ons iemand kan kry om jou te kontak.

Koop 'n besigheid in Australië

Sien ons Buying a business in Oz bladsy. Moenie jou geld mors nie. Baie Aussies sien Suid-Afrikaners van ‘n myl vêr. Party mense dink hulle kan net eenvoudig ‘n besigheid in Australië koop en die migrasieproses (d.m.v. ‘n besigheidsvisum) volg automaties daarop. Die ergste is dat sommige immigrasieagente selfs sal voorskryf dat jy hierdie roete volg. Dis verseker nie die beste advies nie.
Maak seker dat jy jou visumvereistes verstaan en daarvolgens handel. Praat met die mense by Quasar Advisory Services indien jy advies nodig het oor hoe om ‘n besigheid aan te skaf en ‘n visum te reël.

Australiese kultuur

Sien ons Cultural Alignment bladsy. Die verskil in kultuur is heelwat groter as wat jy dink. Veral Afrikaners sukkel soms omdat hulle voel die klomp Aussies word so maklik ge-afronteer as ‘n mens ‘n ding sê soos dit is. Daar is heelwat verskille in die manier waarop ‘n mens te werk gaan in die werksplek. Indien jy verstaan wat die verskille is en jouself daarop voorberei is die kanse beter dat jy:

Suid-Afrikaners berei hulleself dikwels voor vir “onder begin” in terme van werk en wel ‘n jaar of twee daar spandeer. Dit is so dat daar goeie voorbeelde is van mense wie slegs die sg. “jaar of twee” onder aan die leer spandeer het, maar dis nie hoe dinge gewoonlik werk nie. Berei jouself (en jou familie) daarop voor dat jy ‘n langer tyd as wat jy mag verwag “onder aan die leer” sal werk. Dit mag ook jou inkomste raak.

Neem kennis dat die manier waarop ‘n curriculum vitae (CV) of resume in Australië aangebied word verskil van die manier waarop dit in Suid-Afrika gedoen word. Kry goeie advies hierop want dit mag die verskil wees tussen werkneming en werkloosheid.

Verder, die Australiers is heelwat minder geneig om op iemand neer te kyk op grond van sy/haar kwalifikasie of inkomste. Dis nie ‘n ‘skande’ om ‘n tuinwerker of kelnerin te wees nie, alhoewel dit darem altyd lekkerder is om ‘n goeie werk te hê. Maar, hulle kyk nie op jou neer nie en dit laat jou toe om gemaklik te voel met enige tiepe werk ten einde ‘n inkomste te verdien.

Visum opsies

 

Last update: April 2011